Vruggebruik – ’n Goeie idee of verbode vrugte?

All you need to know about shareholders’ agreements
September 11, 2019
FU2F – IFRS 16
September 26, 2019

Wat is vruggebruik?

Vruggebruik is die reg wat aan ’n persoon gegee word om die eiendom van ’n ander te gebruik en te geniet en gevolglik voordeel uit die eiendom te neem, gewoonlik lewenslank, maar die vruggebruik kan ook vir spesifieke tydperke gegee word. Die algemeenste voorbeeld van vruggebruik is die gebruik van ’n woning deur ’n langslewende gade met afsterwe.

Wat maak vruggebruik “lekker”?

Die waarde van die vruggebruik, bereken op die markwaarde van die bate aangepas met 12% (of ’n alternatiewe persentasie bepaal deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens) oor die beraamde lewensverwagting van die erfgenaam wat die vruggebruik ontvang (“die vruggebruiker”), word geag ’n aftrekking vir boedelbelasting te wees. Die aftrekking ter sprake geld spesifiek waar die vruggebruiker die langslewende gade is.

As dit só lekker is, waarom is dit dikwels ’n verbode vrug?

Vruggebruik het dikwels korttermynvoordele, byvoorbeeld minder boedelbelasting vir die afgestorwe eienaar van die bate. Die korttermynvoordeel skep ’n langtermyn-nadeel vir die uiteindelike erfgenaam van die bate. Bates word aan erfgename uit ’n boedel bemaak teen die markwaarde daarvan op die datum waarop die eienaar sterf. Die skep van ’n vruggebruik verminder die bate se waarde, soos bereken in die paragraaf hierbo, die uiteindelike erfgenaam ontvang dan die bate teen ’n waarde wat aansienlik minder is.

Die erfgenaam ontvang eers die volle voordele van die bate wanneer die vruggebruik se tydperk verstryk, maar is dikwels verantwoordelik vir die onderhoud van die bate oor die tydperk.

Alvorens ’n vruggebruik bemaak word deur u testament is dit belangrik om die voordele en nadele van die bemaking deeglik te oorweeg voordat dit op skrif gestel word.

Indien u enige vrae sou hê ten opsigte van die inhoud van hierdie artikel kontak gerus vir Jacques Potgieter (jacquesp@asl.co.za) of u verhoudingsdirekteur.

ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X