Professionele- / Loopbaan-identiteit

Data Analytics – a change of perspective
October 29, 2019
Prosper beyond 2020
March 6, 2020

Professionele identiteit kan gedefinieer word as ‘n persoon se professionele selfkonsep – ‘n stel van persoonlike eienskappe, oortuigings, waardes, motiewe en ervarings wat voortspruit uit werksaktiwiteite. Terwyl professionele identiteit meer spesifiek verwys na ‘n mens se professionele rol as gevolg van die werksomgewing, is persoonlike identiteit jou alomvattende identiteit wat na alle individuele rolle wat ‘n persoon mag hou verwys. In wese verwys jou persoonlike identiteit na wie jy is as ‘n persoon oor al die sfere van jou lewe (die groot “Wie is ek?”). Persoonlike en professionele identiteite is interverwant en kan nie onafhanklik bestaan nie.

Dit is verder belangrik om daarop te let dat jou persoonlike identiteit ontwikkel en groei in die loop van jou lewe. ‘n Persoon kan beheer uitoefen oor sekere aspekte van hul persoonlike identiteit, soos beroepskeuse en die daaropvolgende professionele identiteit, waarop jy jou tyd spandeer (vriende en stokperdjies), of sake wat jy ondersteun, terwyl jy geen beheer oor ander gebiede het nie, bv. die gesin waarin jy gebore is.

As gevolg van hierdie interverwante aard van persoonlike en professionele identiteite, moet ons verstaan wat selfkonsep beteken om te verseker dat ons professionele identiteit kongruent is met ons persoonlike identiteit, wat uiteindelik weerspieël wie ons is.
Volgens die humanistiese sielkundige benadering wat deur sielkundige Carl Rogers onwikkel is, bestaan ‘n individu se selfkonsep uit hul selfwaarde, selfbeeld en ideale self. Selfkonsep word beïnvloed deur ‘n persoon se ervarings en hul interpretasie van hul ervarings.

• Selfwaarde: Wat ons van onsself dink.
• Selfbeeld: Hoe ons onsself sien.
• Ideale self: Wie ons graag wil wees.

Carl Rogers het verduidelik dat die interaksie en ingewikkelde verhouding tussen die drie komponente van selfkonsep bepaal hoeveel jy jouself waardeer. Byvoorbeeld, wanneer ‘n persoon se selfbeeld (hoe jy jouself sien) en ideale self (wie jy wil wees) onversoenbaar is, sal hul in ‘n ongelykvormige toestand verval. So ‘n persoon sal sukkel om hom- of haarself te waardeer en om ‘n toestand van selfaktualisering te bereik. Hoe nader jou selfbeeld en ideale self aan mekaar is, hoe meer konsekwent en hoër sal jou sin van eiewaarde wees. Rogers het ook aangedui dat mense op ‘n wyse wat ooreenstem met hul selfbeeld, wat ook hul ideale self weerspieël, wil voel, ervaar en optree.

Neem in ag dat selfwaarde oor ‘n kontinuum van hoog na laag loop. ‘n Persoon met hoë selfwaarde sal vertroue hê in hul eie vermoëns, aanvaar wie hulle is en optimisties wees oor wat die toekoms inhou. Aan die ander kant, ‘n persoon met lae selfwaarde sal ‘n gebrek hê aan vertroue en veerkragtigheid, sal altyd bekommerd wees oor wat ander dink en oor die algemeen pessimisties wees oor die toekoms.

Ons selfwaarde en wat ons dink oor onsself, ons oortuigings en ons vermoëns en potensiaal, is fundamentele boustene van ons doelwitte en ambisie, wat verwys na die proses van selfaktualisering. Volgens Maslow se Behoeftehiërargie, in die prent hieronder, kan die selfvervulling van selfaktualisasie slegs plaasvind nadat ons sielkundige behoeftes, insluitende ons selfbeeld, vervul word.

Abraham Maslow, wat die Behoeftehiërargie-model in die 1940’s en 50’s ontwikkel het ten einde menslike motivering te verstaan, het verduidelik dat om ‘n staat van selfaktualisering te bereik, waar persoonlike groei en vervulling die uitkomste is, sal sekere basiese behoeftes eers aan voldoen moet word.

Ons het almal ambisie en streef doelwitte en drome na in die lewe. Wanneer jou toekomstige visie nie duidelik gedefinieer en verwoord is nie, kan jy sukkel om jou selfbeeld en ideale self in ‘n professionele konteks in lyn te bring. Verder het jou selfwaarde en oortuigings ‘n impak op die manier waarop jy jou werk verrig en jou doelwitte en drome bereik. ‘n Begrip van jou ontwikkelingsgebiede, insluitend enige negatiewe self-persepsies wat jy het, en ‘n aktiewe poging wat aangewend word om daaraan te werk, sal ‘n positiewe impak op jou persoonlike selfagting en selfbeeld hê.

By ASL moedig ons persoonlike ontwikkeling en vervulling aan deur vir ons werknemers die geleentheid te skep om te floreer en diens van die hoogste gehalte te lewer. Ons heg waarde aan ons talent en het verskeie inisiatiewe in plek om te verseker dat elke individu die geleentheid het om te groei en hul professionele identiteit te ontwikkel, sonder om te vergeet dat ons almal pragtig-geskape, komplekse en ingewikkelde individue is.

As jy ook deel wil wees van ASL se vooruitdenkende-span, besoek gerus asl.co.za/careers of kontak Amorei Engelbrecht by hr@asl.co.za

ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X