Streamlining trust compliance in South Africa: The Xero ledger solution
March 12, 2024
ASL Initiatives for 2024
March 12, 2024

Nuwe Personeel

Met die aanbreek van die nuwe jaar is ons opgewonde om verskeie interne bevorderings en nuwe aanstellings in ASL met u te deel.

Met ingang 1 Januarie 2024 is Siané Willemse en Joné Visser bevorder tot kliëntebestuurders in die oudit- & gerusstelllingsafdeling. Beide het hul SAIGR * klerkskappe by ASL in 2023 voltooi en hul finale raadseksamens suksesvol afgelê om as ’n Geoktrooieerde Rekenmeester (GR) by die SAIGR professionele liggaam geregistreer te word. Siané, wat oorspronlik van Gauteng is, het aan die Noordwes-Universiteit gestudeer en is passievol oor oudit en die bevordering van vroue in leierskapposisies. Joné, oorspronklik van ‘n plaas in die Noord-Kaap, het ook aan die Noordwes-Universiteit studeer en blink uit in die bou van verhoudings met personeel en kliënte. Daarmee saam is Ian Jacobs aangestel as assistent-bestuurder in die oudit- & gerusstelllingsafdeling. Ian het ook sy klerkskap in 2023 voltooi en kom oorspronklik van Noordwes, en het sy graad verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Ian speel graag golf en verteenwoordig Boland gereeld by toernooie landswyd.

Anna-Mart du Plessis en René Rall, wie beide hulle SAIPR ** klerkskappe by ASL suksesvol voltooi het in 2023, is bevorder tot kliëntebestuurders in die business solutions afdeling. Anna-Mart kom oorspronklik van die Oos-Kaap, waarna sy haar studies by Stellenbosch Universiteit voltooi het. Nie net is sy gefokus op verdere ontwikkeling as ‘n bestuurder nie, maar het ook ‘n liefde vir die buitelewe en is ‘n kranige perdryer. René is oorspronklik van die Noord-Wes en het haar studies by die Noordwes-Universitiet voltooi. Sy is toegewyd tot die handhawing van hoë standaarde in kliëntediens by ASL.

In 2023 is besluit om die kapasiteit in die trustafdeling uit te brei. Stefan Maritz het op 1 Februarie 2024 by die firma aangesluit as Trust Administrateur. Stefan kom oorspronklik van Noordwes en is onlangs as prokureur toegelaat nadar hy sy klerkskap en raadseksamens gedurende 2022 en 2023 voltooi het. Ons sien uit na die positiewe bydrae wat hy tot die firma gaan lewer deur hierdie kritiese ondersteunende rol.

Op 1 Februarie 2024 het sewe SAIGR en sewe SAIPR klerke by ASL aangesluit. Na ‘n twee weke lange induksieprogram is al 14 personeellede slaggereed om in te skakel by die onderskeie afdelings. Ons wens almal net die beste toe met hierdie nuwe hoofstuk in hul loopbaan, en weet dat ons ‘n soliede grondslag kan bied vir die toekoms.

* SAIGR van links na regs:
Elduné Bruwer (NWU), Venessa Klopper (NWU), Ruan Vermeulen (NWU), Charisma Strijdom (NWU), Ruan Agenbag (NWU), Maryn du Toit (SU & Millpark Opvoedkundige Instansie), Ebenice van der Merwe (SU)

** SAIPR van links na regs:
Nerissa Pelampasakis (UP), Mizelle Muller (NWU), Dewald Kloppers (NWU), Liezel Muller (NWU), Lucé du Toit, (NWU), Joné van Eeden (NWU), Malica Swart (NWU)

Indien jy belangstel om ‘n professionele loopbaanskuif te maak, of graag met jou klerkskap by ASL wil begin, reik gerus uit na talent@asl.co.za of besoek ons webblad, www.asl.co.za/careers vir verdere inligting.

*SAIGR:
Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters

** SAIPR:
Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters

Gelukwensing | Studies:

Ons wens graag die volgende personeel geluk met die suksesvolle aflegging van die finale raadseksamen (tans bekend as Applied Professional Competence (APC), voorheen bekend as “raad 2”) in Desember 2023. Hierdie prestasie stel hul in staat om te registreer as Geoktrooieerde Rekenmeester by die SAIGR.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X